NG Kerkargief Stellenbosch

NG Kerkargief Stellenbosch Die bewaarplek van die argivale bronne van die onderskeie streeksinodes van die NGK en die VGK.

130 jaar se sendinggeskiedenis -  Dankie aan Nuuseum vir die digitalisering en om hierdie waardevolle bronne vir navorsi...
21/08/2026

130 jaar se sendinggeskiedenis - Dankie aan Nuuseum vir die digitalisering en om hierdie waardevolle bronne vir navorsing toeganklik te maak!

NG Gemeente Durbanville vier vanjaar sy 200ste bestaansjaar. Die afgelope naweek is hierdie besondere mylpaal met feeste...
06/08/2026

NG Gemeente Durbanville vier vanjaar sy 200ste bestaansjaar. Die afgelope naweek is hierdie besondere mylpaal met feestelike verrigtinge gevier.

Vandag, 6 Augustus, word die inwyding van die kerkgebou op 6 Augustus 1826 herdenk. Vir twee eeue staan hierdie gebou as 'n plek van aanbidding, gebed, geloof en gemeenskap.

Ter viering van die gemeente se ryke geskiedenis is die nuwe gedenkboek, Durbanville Gemeente 1826–2026, saamgestel deur dr. Andrew Kok, ook bekendgestel.

Baie geluk aan NG Gemeente Durbanville met hierdie besondere mylpaal.

Met dankbaarheid onthou ons ds. André Strydom – 'n besonderse mens wat sy lewe met oorgawe aan die Here en sy kerk gewy ...
29/07/2026

Met dankbaarheid onthou ons ds. André Strydom – 'n besonderse mens wat sy lewe met oorgawe aan die Here en sy kerk gewy het. Benewens sy bediening as leraar van NG Gemeente Durbanville (1973–1990), het hy van 1990 tot 1999 as Direkteur van Inligting én Argivaris van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap Sinode) gedien. Sy liefde vir die kerk en sy geskiedenis het 'n blywende nalatenskap nagelaat. Ons innige meegevoel aan sy familie en almal wat die voorreg gehad het om hom te ken. Mag hy in vrede rus.

DS ANDRE STRYDOM - 09/09/1936 - 26/07/2026 Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat dominee Andre Strydom, leraar van Durbanville Gemeente vanaf 1973 tot 1990 vanoggend oorlede is.

28/07/2026

Vandag vier ons met dankbaarheid 130 jaar sedert die stigting van die Christen-Studentevereniging (CSV) op 28 Julie 1896 onder leiding van ds. Andrew Murray.

Wat in 1896 begin het as 'n Christelike studente-beweging, het deur God se genade gegroei tot 'n bediening wat oor generasies heen jongmense bereik het. Ten spyte van uitdagings en die gedwonge verdeeldheid van die apartheidsera, het God se missie voortgeleef. In 1997 het verskeie bewegings weer verenig om die Verenigende Christen-Studentevereniging (VCSV/UCSA) te vorm – 'n voortsetting van dieselfde roeping om jongmense na Christus te lei.

20/07/2026

Kennisgewing: Die Argief en Communitas sal op Woensdag 22 Julie 2026 gesluit wees.
Notice: The Archives and Communitas will be closed on Wednesday, 22 July 2026.

How do archives shape new research and fresh perspectives on the past?In this article, researcher Julia Schmidt from Bon...
07/07/2026

How do archives shape new research and fresh perspectives on the past?

In this article, researcher Julia Schmidt from Bonn University, Germany, reflects on her work and how material from our archive has contributed to her research journey.

In this blog post, Julia Schmidt explores how unmarried women in colonial Cape Town built support networks and navigated social constraints.

18/06/2026

Die Kerkargief sal op 19 en 26 Junie 2026 gesluit wees as gevolg van onderhoudswerk.

17/06/2026

Neem asseblief kennis dat die Argief se internet- en telefoonstelsel tans buite werking is.

Address

1 Noordwal West
Stellenbosch

Opening Hours

Monday 08:30 - 15:30
Tuesday 08:30 - 15:30
Wednesday 08:30 - 13:30
Thursday 08:30 - 15:30
Friday 08:30 - 15:00

Telephone

+27218829923

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerkargief Stellenbosch posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category