NG Kerkargief Stellenbosch

Call Directions Website

NG Kerkargief Stellenbosch Die bewaarplek van die argivale bronne van die onderskeie streeksinodes van die NGK en die VGK.

📚 ’n Waardevolle nuwe toevoeging tot die KerkargiefOp Dinsdagoggend 6 Oktober 2026 het Albert Geldenhuys en sy vrou, Mar...
08/10/2026

📚 ’n Waardevolle nuwe toevoeging tot die Kerkargief

Op Dinsdagoggend 6 Oktober 2026 het Albert Geldenhuys en sy vrou, Maretha, die Kerkargief besoek om ’n eksemplaar van Albert se boek, "Op die spoor van kerkargitek Wynand H. Louw", aan die Argiefbestuurder, dr. Diederick Basson, te oorhandig.

Ons waardeer hierdie besondere bydrae tot die bewaring en ontsluiting van ons kerklike erfenis baie. Boeke soos hierdie help om die stories agter ons kerkgeboue en die mense wat dit ontwerp het, vir toekomstige geslagte te bewaar.

Baie dankie vir hierdie waardevolle skenking aan die Kerkargief, Albert en Maretha!

Op die spoor van kerkargitek Wynand H. Louw kan by Naledi bestel word: https://naledi.co.za/product/op-die-spoor-van-die-kerkargitek-wynand-h-louw/.

Wat ’n besonderse oggend by die Toyota Stellenbosch Woordfees!Op 7 Oktober 2026 was die US Teologie Kapel volgepak met f...
08/10/2026

Wat ’n besonderse oggend by die Toyota Stellenbosch Woordfees!

Op 7 Oktober 2026 was die US Teologie Kapel volgepak met familie, vriende en belangstellendes vir die Argief se Diskoers-aanbieding, "Stemme uit die verlede: Annalise Wiid – My eie wysie".

Die sanger, skrywer en spreker, Annalise Wiid, wat vanjaar 65 sou gewees het, se persoonlike argief is in November verlede jaar deur die Kerkargief ontvang. Saam met woordkunstenaar en kollega Helena Conradie, teoloog en vriendin prof. Elna Mouton, senior argivaris dr. Lizelle Smit en die argiefbestuurder dr. Diederick Basson het ons teruggekyk na Annalise se lewe, haar musiek, skryfwerk en bediening.

Geloof en haar liefde vir Afrika het sterk deur Annalise se lewe en werk geloop. Sy het haar eie wysie op meer as een manier gesing – met ’n eie stem, ’n eie geloofstaal en ’n diep besorgdheid oor die mense en kontinent waarvan sy deel was. Agt jaar ná haar dood spreek haar stem steeds helder en deurdringend. Dit is ’n stem wat nou, dalk meer as vantevore, weer gehoor behoort te word.

Die aanbieding is op ’n gepaste wyse deur dr. Ben du Toit, eertydse argiefbestuurder en ook 'n huisvriend van Annalise, afgesluit.

Baie dankie aan almal wat daar was en hierdie gesprek moontlik gemaak het!

17/09/2026
130 jaar se sendinggeskiedenis -  Dankie aan Nuuseum vir die digitalisering en om hierdie waardevolle bronne vir navorsi...
21/08/2026

130 jaar se sendinggeskiedenis - Dankie aan Nuuseum vir die digitalisering en om hierdie waardevolle bronne vir navorsing toeganklik te maak!

NG Gemeente Durbanville vier vanjaar sy 200ste bestaansjaar. Die afgelope naweek is hierdie besondere mylpaal met feeste...
06/08/2026

NG Gemeente Durbanville vier vanjaar sy 200ste bestaansjaar. Die afgelope naweek is hierdie besondere mylpaal met feestelike verrigtinge gevier.

Vandag, 6 Augustus, word die inwyding van die kerkgebou op 6 Augustus 1826 herdenk. Vir twee eeue staan hierdie gebou as 'n plek van aanbidding, gebed, geloof en gemeenskap.

Ter viering van die gemeente se ryke geskiedenis is die nuwe gedenkboek, Durbanville Gemeente 1826–2026, saamgestel deur dr. Andrew Kok, ook bekendgestel.

Baie geluk aan NG Gemeente Durbanville met hierdie besondere mylpaal.

Met dankbaarheid onthou ons ds. André Strydom – 'n besonderse mens wat sy lewe met oorgawe aan die Here en sy kerk gewy ...
29/07/2026

Met dankbaarheid onthou ons ds. André Strydom – 'n besonderse mens wat sy lewe met oorgawe aan die Here en sy kerk gewy het. Benewens sy bediening as leraar van NG Gemeente Durbanville (1973–1990), het hy van 1990 tot 1999 as Direkteur van Inligting én Argivaris van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap Sinode) gedien. Sy liefde vir die kerk en sy geskiedenis het 'n blywende nalatenskap nagelaat. Ons innige meegevoel aan sy familie en almal wat die voorreg gehad het om hom te ken. Mag hy in vrede rus.

DS ANDRE STRYDOM - 09/09/1936 - 26/07/2026 Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat dominee Andre Strydom, leraar van Durbanville Gemeente vanaf 1973 tot 1990 vanoggend oorlede is.

28/07/2026

Vandag vier ons met dankbaarheid 130 jaar sedert die stigting van die Christen-Studentevereniging (CSV) op 28 Julie 1896 onder leiding van ds. Andrew Murray.

Wat in 1896 begin het as 'n Christelike studente-beweging, het deur God se genade gegroei tot 'n bediening wat oor generasies heen jongmense bereik het. Ten spyte van uitdagings en die gedwonge verdeeldheid van die apartheidsera, het God se missie voortgeleef. In 1997 het verskeie bewegings weer verenig om die Verenigende Christen-Studentevereniging (VCSV/UCSA) te vorm – 'n voortsetting van dieselfde roeping om jongmense na Christus te lei.

20/07/2026

Kennisgewing: Die Argief en Communitas sal op Woensdag 22 Julie 2026 gesluit wees.
Notice: The Archives and Communitas will be closed on Wednesday, 22 July 2026.

How do archives shape new research and fresh perspectives on the past?In this article, researcher Julia Schmidt from Bon...
07/07/2026

How do archives shape new research and fresh perspectives on the past?

In this article, researcher Julia Schmidt from Bonn University, Germany, reflects on her work and how material from our archive has contributed to her research journey.

In this blog post, Julia Schmidt explores how unmarried women in colonial Cape Town built support networks and navigated social constraints.

18/06/2026

Die Kerkargief sal op 19 en 26 Junie 2026 gesluit wees as gevolg van onderhoudswerk.

Address

1 Noordwal West
Stellenbosch

Opening Hours

Monday 08:30 - 15:30
Tuesday 08:30 - 15:30
Wednesday 08:30 - 13:30
Thursday 08:30 - 15:30
Friday 08:30 - 15:00

Telephone

+27218829923

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerkargief Stellenbosch posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category