01/09/2026
๐๐ฎ๐ฐ๐ ๐๐จ๐๐ค ๐จ๐จ๐ซ ๐๐ฎ๐ข๐-๐๐๐ซ๐ข๐ค๐๐๐ง๐ฌ๐ ๐๐๐๐๐ซ๐๐ญ๐๐๐ฅ ๐๐ฒ ๐๐ข๐ ๐๐ ๐๐ค๐๐๐๐ฆ๐ข๐ ๐๐๐ค๐๐ง๐๐ ๐๐ฌ๐ญ๐๐ฅ
Akademielid prof. Theo du Plessis se boek, Van tegniek tot amptelike taal: die opkoms van Suid-Afrikaanse Gebaretaal as ล twaalfde amptelike taal van Suid-Afrika, 1977-2023, is gister tydens โn intieme geleentheid by Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekendgestel. Prof. Lawrie Barnes het โn besonder interessante gesprek met prof. Du Plessis oor die boek en die navorsing onderliggend daaraan gevoer.
Hierdie publikasie lewer โn betekenisvolle bydrae tot navorsing oor gebaretaal, sowel binne Suid-Afrika as in die internasionale navorsingsgesprek. Dit bied terselfdertyd waardevolle insigte in taalbeleid en taalbeplanning โ โn terrein waaraan die SA Akademie reeds meer as โn eeu lank besondere aandag wy.
Die boek is in Afrikaans geskryf, maar word doelbewus ook gratis in โn aflaaibare XML-formaat beskikbaar gestel. Hierdie formaat maak dit moontlik om die inhoud met behulp van toepaslike KI-modelle en masjienvertaling in ander tale toeganklik te maak.
Die publikasie is daarom ook โn uitstekende voorbeeld van hoe nuwe tegnologie ingespan kan word om meer wetenskaplike werk oorspronklik in Afrikaans te publiseer, sonder om toeganklikheid vir โn wyer Suid-Afrikaanse en internasionale lesersmark prys te gee. Sรณ kan Afrikaans as wetenskapstaal uitgebou word รฉn terselfdertyd deel bly van die wรชreldwye gesprek.
Die boek kan gratis afgelaai of in gedrukte formaat gekoop word by die volgende skakel:
๐ https://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/369