The South African Legends Museum

Directions Website

The South African Legends Museum "Beroemd en berug"! Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum bring hulde aan die grootste legendes in Suid-Afrika. Gestig op 19 Aug 2019 deur Shaun Mynhardt.

Ons TV-reeks, Die Huis Van Legendes was vanaf 7 Jan 2024 - 7 April op kykNET-NOU! Op DSTV uitgesaai

Riaan Cruywagen word 81 vandag:Die legendariese Riaan Cruywagen vier vandag (05 Oktober) sy 81ste verjaarsdag.Hy is op h...
05/10/2026

Riaan Cruywagen word 81 vandag:

Die legendariese Riaan Cruywagen vier vandag (05 Oktober) sy 81ste verjaarsdag.

Hy is op hierdie dag in 1945 gebore.

Riaan is die langsdienende aanbieder van
TV-nuus- en verwante programme in Suid-Afrika, met amper 9000 TV nuusuitsendings op sy kerfstok.

Hy vier vanjaar (2026) 61 jaar in die uitsaaiwese, waarvan hy die eerste 10 jaar as omroeper by die radio deurgebring het en die afgelope 51 jaar by televisie.

Ons wens vir Riaan 'n baie voorspoedige nuwe lewensjaar toe.

Die legendariese sanger, Clive Bruce vier vandag (30 September) sy 79ste verjaarsdag.Clive is ook ingehuldig as lewende ...
30/09/2026

Die legendariese sanger, Clive Bruce vier vandag (30 September) sy 79ste verjaarsdag.

Clive is ook ingehuldig as lewende legende in die legendesmuseum.

Baie geluk met jou verjaarsdag liewe Clive!

Cora Marie se fotos vanuit haar persoonlike foto albums:28/03/1990 - Cora en Corrie hou vakansie by die Breëderivier.
27/09/2026

Cora Marie se fotos vanuit haar persoonlike foto albums:

28/03/1990 - Cora en Corrie hou vakansie by die Breëderivier.

Wilna Snyman word 91:Die legendariese aktrise, Wilna Snyman vier vandag (14 September) haar 91ste verjaarsdag.Sy is op h...
14/09/2026

Wilna Snyman word 91:

Die legendariese aktrise, Wilna Snyman vier vandag (14 September) haar 91ste verjaarsdag.

Sy is op hierdie dag in 1935 gebore.

Baie geluk liewe Wilna!

TOMMY DELL NOGSTEEDS IN WAAKEENHEID NA ERNSTIGE MOTORONGELUK:Die 84-jarige kontreisanger Tommy Dell, wat verlede Saterda...
12/09/2026

TOMMY DELL NOGSTEEDS IN WAAKEENHEID NA ERNSTIGE MOTORONGELUK:

Die 84-jarige kontreisanger Tommy Dell, wat verlede Saterdagaand in ’n ernstige motorongeluk betrokke was, is tans stabiel en word steeds in die Mediclinic Nelspruit se waakeenheid versorg.

Hy ontvang mediese behandeling vir onder meer gekraakte ribbes, asook beserings aan sy lewer en niere.

Ons vra dat Tommy in julle gedagtes en gebede gehou sal word terwyl hy aansterk.

BILLY FORREST IN HOSPITAAL:Die legendariese kontrei-sanger, Billy Forrest (86) is vroeër in die hospitaal opgeneem.Hy is...
12/09/2026

BILLY FORREST IN HOSPITAAL:

Die legendariese kontrei-sanger, Billy Forrest (86) is vroeër in die hospitaal opgeneem.

Hy is oorgeplaas na die waakeenheid om sy onreëlmatige hartkloppings te monitor.

Hou asseblief vir Billy in julle Gebede vir 'n spoedige herstel.

Ons onthou: Mara van der BerghNa Saterdagaand se ongeluk waarin Mara en Samantha oorlede is deel ek weer 'n uittreksel v...
08/09/2026

Ons onthou: Mara van der Bergh

Na Saterdagaand se ongeluk waarin Mara en Samantha oorlede is deel ek weer 'n uittreksel vanuit ons televisie-reeks, Die Huis Van Legendes wat vanaf 7 Januarie 2024 tot 7 April 2024 op kykNET-NOU! uitgesaai was.

Mara van der Bergh was ons gas, 'n goeie vriend en ook een van die ingehuldigde legendes.

Eksklusiewe agter die skerms kykie na Reeks een van die TV-opnames ...

Motorongeluk met Tommy DellCountry-sanger Tommy Dell in ernstige motorongelukNa 'n konsert gisteraand het die drie op di...
06/09/2026

Motorongeluk met Tommy Dell

Country-sanger Tommy Dell in ernstige motorongeluk

Na 'n konsert gisteraand het die drie op die R40 in die rigting van Barberton naby die Hilltop afdraai gery toe die ongeluk plaasgevind het.

Volgens Moeti Mmusi, die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, het die ongeluk omstreeks 22:00 plaasgevind terwyl voertuie na Barberton gery het.

Twee sterf op R40.

Die botsing het 'n Honda-sedan en 'n bakkie behels.
Twee vroue, wat saam met Dell insittendes van die Honda was, is op die toneel dood verklaar, terwyl insittendes van die bakkie beserings opgedoen het.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Mara van der Bergh en Samantha Botha.

Tommy is tans in die hospitaal opgeneem, maar Mara en Samantha is oorlede.

Foto: van die motor na die ongeluk

HARTSEER NUUS:  MARA VAN DER BERGH OORLEDE:Die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is vandag in rou ná die tragiese af...
06/09/2026

HARTSEER NUUS: MARA VAN DER BERGH OORLEDE:

Die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is vandag in rou ná die tragiese afsterwe van die legendariese vermaaklikheidsbestuurder Mara van der Berghen haar assistent, Samantha

Die twee was gister in ’n ernstige motorongeluk betrokke. Tragies genoeg het albei hul lewens verloor. 🕊️

Tommy Dell was ook in die ongeluk en is ernstig beseer en tans in die Hospitaal.

Mara was 78 jaar oud en het vir ’n ongelooflike 30 jaar die loopbaan van wyle Lance James bestuur.

Ons innige simpatie aan Mara en Samantha se families, geliefdes, vriende, kollegas en almal wie se lewens deur hulle geraak is.

Address

Pretoria East

Opening Hours

Thursday 11:00 - 15:00
Friday 11:00 - 15:00
Saturday 11:00 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The South African Legends Museum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category