The South African Legends Museum

The South African Legends Museum "Beroemd en berug"! Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum bring hulde aan die grootste legendes in Suid-Afrika. Gestig op 19 Aug 2019 deur Shaun Mynhardt.

Ons TV-reeks, Die Huis Van Legendes was vanaf 7 Jan 2024 - 7 April op kykNET-NOU! Op DSTV uitgesaai

Dolly Parton ter ruste gelê:Dolly Parton is Vrydag in ’n private begrafnisdiens in Nashville ter ruste gelê, net drie da...
31/08/2026

Dolly Parton ter ruste gelê:

Dolly Parton is Vrydag in ’n private begrafnisdiens in Nashville ter ruste gelê, net drie dae nadat die legendariese country-musiekikoon op 80-jarige ouderdom oorlede is.

Die intieme diens is slegs deur haar naaste familie bygewoon, in ooreenstemming met Dolly se wense vir ’n private afskeid.

Sy is langs haar geliefde eggenoot, Carl Dean, ter ruste gelê. Carl is in Maart 2025 oorlede ná hul byna 60 jaar lange huwelik.

Rus sag, Dolly. Jou stem, jou hart en jou nalatenskap sal vir altyd voortleef.

Dolly Parton saam met ons eie Cora Marie.1 Desember 1982. Vanuit Cora Marie se persoonlike plakboek.Cora was destyds die...
31/08/2026

Dolly Parton saam met ons eie Cora Marie.

1 Desember 1982. Vanuit Cora Marie se persoonlike plakboek.

Cora was destyds die skakelbeampte wat Dolly se aankoms in Suid-Afrika behartig het.

Hartseer nuus: Dolly Parton oorlede.Sy was onlangs met kanker gediagnoseer.Sy was 80 jaar oud.
25/08/2026

Hartseer nuus: Dolly Parton oorlede.

Sy was onlangs met kanker gediagnoseer.

Sy was 80 jaar oud.

Vanuit Cora Marie se persoonlike plakboek:April 1984 Radio & TV Dagboek"Die troepies se keuse"
21/08/2026

Vanuit Cora Marie se persoonlike plakboek:

April 1984 Radio & TV Dagboek

"Die troepies se keuse"

Hierdie besonderse toekenning word beskou as die eerste goue plaat-toekenning wat aan ’n Suid-Afrikaanse groep toegeken ...
14/08/2026

Hierdie besonderse toekenning word beskou as die eerste goue plaat-toekenning wat aan ’n Suid-Afrikaanse groep toegeken is.

Die 1967" Double Gold Record Award", toegeken aan Four Jacks and a Jill vir hul wêreldbekende treffer "Timothy”.

DIE GOUE STUK GESKIEDENIS WAT JY NIE ELKE DAG SIEN NIE!

"Beroemd en berug!"

Sommige gedenkwaardighede is waardevol.
Sommige is skaars.
Maar dan is daar gedenkwaardighede wat die hele era van Suid-Afrikaanse geskiedenis verteenwoordig.

En hierdie een is een van hulle.

Die 1967" Double Gold Record Award", toegeken aan Four Jacks and a Jill vir hul wêreldbekende treffer "Timothy”.

Hierdie besonderse toekenning word beskou as die eerste goue plaat-toekenning wat aan ’n Suid-Afrikaanse groep toegeken is.

Laat dit net ’n oomblik insink…

Die eerste.

’n Toekenning uit 1967— meer as ’n halfeeu oud — wat die sukses van Suid-Afrikaanse musiek in ’n belangrike era vasgevang het.

En vandag?

Is hierdie ongelooflike stuk musiekgeskiedenis al sewe jaar deel van die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum se versameling.

Dit is nie net ’n plaat nie.
Dit is nie net ’n toekenning nie.
Dit is ’n stuk van ons land se kulturele erfenis.

’n Stukkie geskiedenis wat maklik verlore kon gaan… maar wat gelukkig bewaar gebly het.

Van Four Jacks and a Jill… tot die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum.

En ja… HIER IS HY! 14 Augustus 2026

"Beroemd en berug!"
Geskiedenis in goud.

Min Shaw se uitrusting wat sy gedra het tydens ons fotosessie vir Sprokie van 'n Liefling - haar lewensverhaal in 2019.H...
09/08/2026

Min Shaw se uitrusting wat sy gedra het tydens ons fotosessie vir Sprokie van 'n Liefling - haar lewensverhaal in 2019.

Hierdie rok en die portret is ook deel van Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum se permanente versameling.

Een van die legendariese sangeres en aktrise, Ann Power se verhoogkostuums met 'n geraamde foto van Ann se troudag met B...
09/08/2026

Een van die legendariese sangeres en aktrise, Ann Power se verhoogkostuums met 'n geraamde foto van Ann se troudag met Bill Flynn.

Ons het twee van Ann se aandrokke wat sy aan ons geskenk het vir die permanente versameling.

Die legendariese "Country" sangeres Joanna Field se uitrusting. Die romp is van 1985 en Joanna het dit by die Randse Paa...
09/08/2026

Die legendariese "Country" sangeres Joanna Field se uitrusting.

Die romp is van 1985 en Joanna het dit by die Randse Paasskou van daardie jaar asook op televisie op "Sing Country" gedra.

Maritza se 1990 blou aandrok wat sy op die musiekvideo "Jy's 'n ster vir my " gedra het.Nogsteeds deel van Die Suid-Afri...
09/08/2026

Maritza se 1990 blou aandrok wat sy op die musiekvideo "Jy's 'n ster vir my " gedra het.

Nogsteeds deel van Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum se permanente versameling.

Beroemd en berug!

Die sangeres Maritza se geraamde 1976 Sarie-toenning en een van haar 80's verhoogkostuums.Nogsteeds deel van Die Suid-Af...
09/08/2026

Die sangeres Maritza se geraamde 1976 Sarie-toenning en een van haar 80's verhoogkostuums.

Nogsteeds deel van Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum se versameling.

Beroemd en berug!

Address

Pretoria East

Opening Hours

Thursday 11:00 - 15:00
Friday 11:00 - 15:00
Saturday 11:00 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The South African Legends Museum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category