21/09/2026
๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐
๐๐ฏ๐ป๐ช๐ด๐ฌ๐ฆ ๐๐ข๐บ๐ด๐ต๐ฆ๐ณ
Reinethuis vier hierdie jaar haar sewentigste bestaansjaar as โn museum. Ek noem haar graag โhaarโ. Alhoewel haar onstaan deur die toewyding van manlike gemeenskapsleiers gekenmerk word, is ek seker iewers in die agtergrond was daar โn vrou wat die leisels stewig in die hand gehad het. Sy word mos nie verniet die โGrand Dameโ van Graaff-Reinet genoem nie โ en na my mening is โn dame selde โn neutrale รณf passiewe figuur. Sy kyk toe en hou in stand en het die wonderlike vermoรซ om elke gril en gier hetsy dit beurtkrag, naamsverandering of pandemie, sonder enige bohaai te oorleef.
Daar is iets omtrent Reinethuis self: sy is waardig en stap duidelik aan in jare, maar sy is nie broos en teruggetrokke nie en het beslis genoeg karakter om haar stempel af te druk. Dis amper asof sy al die eienskappe van โn sterk maar tog ervare vrou uit โn ander era dra โ iemand wat al baie gesien en beleef het en dus nie maklik beรฏndruk word nie. Dalk is dit juis daarom vanselfsprekend om haar as โsyโ te sien: want agter elke formele besluit, elke trusteeraad se kom en gaan, elke argivale rekord en selfs โn brand, is daar die stille volharding wat met die aanstap van tyd, in iets baie meer ontwikkel het as net โn statiese struktuur. Tans is sy n baken in die kulturele landskap van ons dorp en staan sy aan die hoof van โn museumkompleks wat sedert 1956 ontwikkel en gegroei het.
๐ฟ๐๐ ๐๐๐จ๐ก๐ช๐๐ฉ ๐ค๐ข ๐๐๐๐ฃ๐๐ฉ๐๐ช๐๐จ ๐ฉ๐ ๐ง๐๐
In 1946 het die Graaff-Reinet Publisiteitsvereniging โn formele versoek gerig om โn vergadering met die Stadsraad te belรช nadat dit bekend geword het dat die Nederduits Gereformeerde Kerk, op daardie stadium die eienaar van die gebou, oorweeg het om Reinethuis te sloop om plek te maak vir residensiรซle ontwikkeling.
Tydens hul vergadering met die munisipaliteit het die Publisiteitsvereniging hul kommer uitgespreek oor die moontlike verlies van die gebou en met โn praktiese voorstel vorendag gekom: hulle het aangebied om die huur van die eiendom vir drie maande te betaal sodat onderhandelinge om die gebou te koop, met die kerk kon begin. Op daardie stadium was erfenisbewaring van min of geen belang, veral op munisipale vlak en so het die plaaslike gemeenskap met โn grootskaalse poging begin om Reinethuis van ondergang te red. Met fondse wat deur skenkings ingesamel is, is die gebou in 1947 gekoop en, soos die koopkontrak gestipuleer het, aan die munisipaliteit oorgedra.
๐๐ง๐ค๐รซ ๐ง๐๐จ๐ฉ๐ค๐ช๐ง๐๐จ๐๐ ๐๐ฃ ๐๐๐ข๐๐ฃ๐๐จ๐ฉ๐ง๐๐ฉ๐๐๐ฌ๐ ๐ซ๐๐ง๐๐ฃ๐๐๐ง๐๐ฃ๐๐
Die restourasie van die gebou was egter finansieel uitdagend. Slegs ยฃ2395,90 is teen 1950 ingesamel, en die stadig-groeiende fonds het aanleiding gegee tot โn ernstige beroep op die publiek om tot die restourasieprojek by te dra. Restourasie het egter eers twee jaar later โn aanvang geneem. Munisipale bydraes was beperk. Argivale rekords dui daarop dat slegs โn klein bedrag van ยฃ100 in 1952 vir restourasiewerk deur die munisipaliteit beskikbaar gestel is.
Tรณg het die restourasiewerk onder toesig van die bekende Pretoriase argitek Norman Eaton in 1952 begin en sou โn tydperk van vier jaar duur. Dit was voorwaar baanbrekerswerk. Die soektog na geskikte materiale soos hout- en ysterwerk, om diรฉ te vervang wat met tyd verweer het en vervang is tydens vorige veranderinge aan die huis, het byvoorbeeld baie tyd in beslag geneem. Eaton wou die restourasie van die gebou so geloofwaardig as moontlik aanpak. Ou geelhoutbalke en vloerpanele (vol wurmgate!) uit plaaslike slopings is geduldig versamel om replikas van skuifraamvensters, deure, hortjies en kaste te vervaardig. Die replikas is deur vakmanne van โn klein plaaslike skrynwerkersonderneming vervaardig volgens noukeurige tekeninge wat deur Eaton self geskets is. Die argitek het ook โn wakende oog oor die vervaardigingsproses gehou en dit gereeld met persoonlike gesprekke en demonstrasies opgevolg.
Twee muurkaste wat uit die groot eetkamer verwyder is, is byvoorbeeld ook opgespoor (een so ver as in die destydse Transvaal) en die eienaars is oorreed is om dit terug te skenk. Na sorgvuldige restourasie, is hulle weer in die muur agter die ontvangsarea aangebring. Plaveistene en klippe is weer soos van ouds, uit die Gatsrivier gehaal en dekriet vir die dak is uit die Weskaap verkry. Selfs die ysterwerk soos skarniere, boute, penne, stutte asook die 18de-eeuse slotreplikas is deur vakmanne op die tradisionele manier uit yster gesmee. Van Norman Eaton se sketse is steeds in die museum se argief te sien.
Die eerste subsidie van die Provinsiale Administrasie van die Kaap van Goeie Hoop is in Mei 1953 ontvang nadat die Publisiteitsvereniging hulle dringend versoek het om in te gryp, sodat restourasie voltooi kon word. Hierdie subsidie, wat op โn pond-vir-pond-grondslag bereken is, is egter ook spoedig uitgeput. In 1954 is daar gevolglik weer โn beroep op die Provinsiale Administrasie vir bykomende finansiรซle bystand gedoen. Gelukkig het die Administrasie geredelik ingestem om โn bykomende toekenning van ยฃ2500 te maak alhoewel dit onderhewig aan twee voorwaardes was: eerstens is bepaal dat die eiendomsreg van die gebou van die munisipaliteit na โn nuwe trusteeraad oorgedra moes word. Hierdie raad sou uit twee verteenwoordigers van die Administrasie, twee van die munisipaliteit en twee verteenwoordigers van die intekenaars bestaan. Tweedens sou die nuwe Raad onderhewig aan die bepalings van die Museumordonnansie van 1914 wees. Die museum sou daarna onder die Museumordonnansie van 1914 funksioneer en onder die Provinsiale Administrasie resorteer. Hierdie herstrukturering het die munisipaliteit van enige direkte verantwoordelikheid aangaande Reinethuis onthef en het die langtermyn bewaring van die gebou as deel van nasionale erfenis, verseker. Reinethuis, wat vervolgens as die Graaff-Reinet Museum bekend sou staan, is amptelik deur die destydse Goewerneur-Generaal, E.G. Jansen, in 1956 geopen.
๐๐ง๐ค๐๐ ๐ซ๐๐ฃ โ๐ฃ ๐ข๐ช๐จ๐๐ช๐ข๐ ๐ค๐ข๐ฅ๐ก๐๐ ๐จ
In die dekades wat volg het die museum geleidelik ontwikkel en uitgebrei. Tussen 1973 en 1974 is โn waenhuis op die terrein aangebring en โn meulhuis is in 1978 voltooi. Die meulhuis beskik oor โn gerekonstrueerde werkende waterwiel en watermeul, vervaardig deur mnr. Geoff Palmer van Grahamstad. Dit is in 2023 gerestoureer en is nog steeds in โn werkende toestand.
Die Ou Residensie, op die hoek van Murray en Pastoriestraat is in 1979 ge-open, gevolg deur die Ou Biblioteek in 1982. Hierdie nuwe toevoegings het aanleiding gegee dat die term โkompleksโ met betrekking tot die Graaff-Reinet Museum in gebruik geneem is.
Op 1 Mei 1980 het โn brand in Reinethuis uitgebreek en die agterste gedeelte van die gebou is ernstig beskadig. Gelukkig is die grootste gedeelte van die waardevolle versameling gered maar tรณg het die inwoners jare daarna nog gepraat van die bakkie met โn Vrystaatste registrasie wat met โn groot vrag artefakte spoorloos verdwyn het. Die durf en moed van die gemeenskap veral van die studente van die manskoshuis daar naby, sou almal nog lank bybly. Weereens het die Graaff-Reinetters hulle hande diep in hulle sake gesteek om die restourasie van Reinethuis te befonds. Dit was egter die ruimhartige skenking afkomstig van Dr Anton Rupert, wat โn groot gedeelte van die restourasieproses gefinansier het, wat die knoop deurgehaak het. Hy het selfs die hulp van kenners op die gebied van restourasie gekry om hul dienste aan te bied. Die museum is in minder as vyf maande na die brand vir die publiek heropen.
In 1990, het die voormalige burgemeesterwoning, Urquharthuis, ook deel van die museumkompleks geword. In 2005 is die Militรชre Geskiedenismuseum, waarvan die boonste vloer in โn argief omskep is, met eie fondse opgerig. Hierdie byvoegings het die vloerspasie van die museumkompleks tot net meer as 4000mยฒ vergroot wat dit die derde grootste museumkompleks in die Ooskaap maak.
๐๐ฃ๐จ ๐๐ฅ๐๐ฃ๐๐๐ง๐ ๐๐๐ง๐๐ฃ๐ฉ๐ฌ๐ค๐ค๐ง๐๐๐ก๐๐ ๐๐๐๐
In die post-apartheid periode het die rol van die museum in gemeenskappe ook onder die vergrootglas gekom en is daar gepleit vir toenemende inklusiwiteit, verteenwoordiging en ook toeganklikheid in museums. In 2001 het die Graaff-Reinet Museum ook aan hierdie dringende oproep gehoor gegee en die eerste transformasie-uitstalling van sy soort in die Ooskaap, Die Robert Sobukwe Permanente Uitstalling, met behulp van die Departement Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur op die been gebring. Hierdie uitstalling was โn belangrike stap in die regte rigting. Vandag verstaan ons as die bewaarders van erfenis, dat ons die stem van menigtes is en en nie net van โn klein uitgelese groepie mense nie. Met die koms van demokrasie, moes ons nie net ons gehore nie, maar ook ons horisonne, verbreed. Vandag is hierdie benadering steeds deel van die museum se leuse en werkswyse:
แดแดส แด ษช๊ฑษชแดษด ษช๊ฑ แดแด สแด แดษด ษชษด๊ฑแดษชแดแดแดษชแดษด แดกสษชแดส แดสแด๊ฑแดสแด แด๊ฑ แดษดแด
สแด๊ฐสแดแดแด๊ฑ แดสแด แดแดสแดแดสแดส สษช๊ฑแดแดสส แดษดแด
ษดแดแดแดสแดส สแดสษชแดแดษขแด แด๊ฐ แดสส
แดสแด ษชษดสแดสษชแดแดษดแด๊ฑ แด๊ฐ แดสแด แด
ส. สแดสแดส๊ฑ ษดแดแดแด
ร สแดแดแดส แดแดษดษชแดษชแดแดส แดสแดแด.
แดแดส แดษช๊ฑ๊ฑษชแดษด ษช๊ฑ แดแด แดแดสสแดแดแด, แดแดษด๊ฑแดสแด แด, สแด๊ฑแดแดสแดส แดษดแด
แด
ษช๊ฑแดสแดส แดสแด สษชแดส
แดแดสแดแดสแดส สษช๊ฑแดแดสส แดษดแด
สแดสษชแดแดษขแด แด๊ฐ แดสแด แด
ส. สแดสแดส๊ฑ ษดแดแดแด
ร สแดแดแดส แดแดษดษชแดษชแดแดส แดสแดแด, ๊ฐแดส แดสแด แดแด
แดแดแดแดษชแดษด, สแดแดสแดแดแดษชแดษด แดษดแด
แดแดสษช๊ฐแดแดแดษดแด แด๊ฐ แดสแด แดแดแดแดแดษดษชแดส แดษดแด
แด ษช๊ฑษชแดแดส๊ฑ แดกสแดแด แดกแด ๊ฑแดสแด แด.
Die 2026 Internasionale Museumdag-tema, โMuseums Uniting a Divided Worldโ, soos bepaal deur die Internasionale Raad van Museums (ICOM), beklemtoon die rol van museums as erfenisinstellings wat kulturele, sosiale en geopolitieke verdeeldheid oorbrug en respekvolle begrip en dialoog bevorder. Vir die Graaff-Reinet Museum is dit nie โn nuwe of vreemde rol nie, maar โn voortgesette praktyk waar ons poog om selfs binne komplekse omstandighede, gekenmerk deur periodes van verdeling en trauma, โn omgewing te skep waar verskillende kulture, agtergronde en opinies in ag geneem word. Hier probeer ons nie โn enkele verhaal vertel nie, maar om eerder verskeie verhale in tandem te vertel sodat โn geheelbeeld gevorm kan word.
๐๐ก๐ค๐ฉ
Sewentig jaar na die opening van Reinethuis as museum glo ons dat die museum altyd โn belangrike verwysingspunt in ons gemeenskap sal bly. Die Graaff-Reinet Museum het sy onstaan te danke aan die toegewydheid van die gemeenskap en sal vir altyd in diens van hierdie gemeenskap bly. Ons hoop dat ons leuse โWhere History Livesโ oor die volgende 70 jaar net so aktief toegepas sal word, soos wat ons vandag poog om dit te doen.
๐ฝ๐ง๐ค๐ฃ๐ฃ๐:
GRMA File 46D, โOriginal Restoration of Reinet House: Income and Expenditure (1952 โ 1956)โ. โReinet House Fund.โ
GRMA File 46D/65, A.A. Kingwill, โA curtailed history of the restoration of the Old Pastorie (Reinet House)โ.
Kayster, A.F., 2024. The complexities of heritage production in a South African Community from the 1900s to the present: Graaff-Reinet, a case study (Doctoral dissertation, PhD dissertation in History]. Stellenbosch University).
โRestoration of Reinet House,โ The Graaff-Reinet Advertiser, October 26, 1950.
โReinet House Fund,โ The Graaff-Reinet Advertiser, October 26, 1950.
Whitlock E.S., Graaff-Reinet National Monuments and Places of Interest,
Willem Loock Argief: Lรชer 2, โGraaff-Reinet: Graaff-Reinet Museum Brochureโ.
โDoomed House Restored as a National Monument,โ Cape Times, September 21, 1956.
Lys van Foto's:
Die opening van Reinethuis 21 September 1956. (V.L.N.R.) Sydney Rubidge, Mev. M. M. Jansen, Goewerneur-Generaal E.G. Jansen, Burgemeester U.J. Cronjรฉ en A.A Kingwill
Die Groot Brand in 1980
C. 1956 Restorasie
Skets deur Norman Eaton van โn sleutelplaatjie vir die voordeur van Reinethuis