Bloedrivier-erfenisterrein

Bloedrivier-erfenisterrein Dit is hier waar die Voortrekkers op die oggend van 16 Desember 1838 teen die Zululeër geveg het. Welkom by een van die mees unieke slagvelde in Suid-Afrika.
(2)

Dit is hier waar die Voortrekkers op die oggend van 16 Desember 1838 teen die magtige Zululeër geveg het. Die unieke plek wat Bloedrivier in die Afrikaner se geskiedenis beklee, en die Gelofte wat daar afgelê is, word jaarliks op 16 Desember herdenk. Bloedrivier erfenisterrein is die eiendom van die Voortrekkermonument en word as n historiese en kulturele bate vir die nageslag versorg.

’n Knus kamer. ’n Rustige omgewing. ’n Ervaring om te onthou.Die 𝗞𝗮𝗿𝗲𝗹 𝗟𝗮𝗻𝗱𝗺𝗮𝗻-𝗸𝗮𝗺𝗲𝗿 bied gemaklike verblyf vir twee, me...
04/09/2026

’n Knus kamer. ’n Rustige omgewing. ’n Ervaring om te onthou.

Die 𝗞𝗮𝗿𝗲𝗹 𝗟𝗮𝗻𝗱𝗺𝗮𝗻-𝗸𝗮𝗺𝗲𝗿 bied gemaklike verblyf vir twee, met ’n dubbelbed, en suite-badkamer met stort, en ontbyt ingesluit. Die perfekte plek om te ontspan en die Bloedrivier-erfenisterrein van nader te beleef.

Het jy ’n vraag oor ons akkommodasie, fasiliteite of geskiedenis? Ons help graag! Stuur gerus ’n e-pos na [email protected] of kontak ons by 065 549 6681.

𝗡𝗲𝗲𝗺 '𝗻 𝘀𝘁𝘂𝗸𝗸𝗶𝗲 𝗕𝗹𝗼𝗲𝗱𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿 𝘀𝗮𝗮𝗺 𝗵𝘂𝗶𝘀 𝘁𝗼𝗲 🔥Daar is min dinge wat mense nader aan mekaar bring as 'n vuur.Op 16 Desember,...
03/09/2026

𝗡𝗲𝗲𝗺 '𝗻 𝘀𝘁𝘂𝗸𝗸𝗶𝗲 𝗕𝗹𝗼𝗲𝗱𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿 𝘀𝗮𝗮𝗺 𝗵𝘂𝗶𝘀 𝘁𝗼𝗲 🔥

Daar is min dinge wat mense nader aan mekaar bring as 'n vuur.

Op 16 Desember, tydens die Bloedrivier-Geloftefees, kan jy jou eie vuur maak in 'n Bloedrivier-boma – waar familie en vriende saam kan kuier, stories deel en die dag geniet.

En die mooiste deel?

Wanneer die fees verby is, bly die herinnerings nie net by Bloedrivier agter nie. Jy pak eenvoudig jou boma op en vat dit saam huis toe. Elke keer wanneer jy dit weer aansteek, sal dit jou herinner aan die dag wat jy op hierdie besondere erfenisterrein deurgebring het.

🔥 Bestel jou Bloedrivier-boma vandag nog vir sleg R900.

Bestellings sluit 29 November 2026!

Om jou boma te bespreek, stuur 'n e-pos na [email protected] of kontak ons by 065 549 6681.

Die Bloedrivier-bomas word met trots vervaardig deur Boeta Christie.

03/09/2026

𝗘𝗴𝘁𝗲 𝗔𝗳𝗿𝗶𝗸𝗮𝗻𝗲𝗿𝗴𝗮𝘀𝘃𝗿𝘆𝗵𝗲𝗶𝗱 𝗯𝘆 𝗕𝗹𝗼𝗲𝗱𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿-𝗲𝗿𝗳𝗲𝗻𝗶𝘀𝘁𝗲𝗿𝗿𝗲𝗶𝗻 𝘀𝗲 𝗿𝗲𝘀𝘁𝗮𝘂𝗿𝗮𝗻𝘁

Die 𝗧𝗿𝗲𝗸𝗸𝗲𝗿𝗸𝗼𝗺𝗯𝘂𝗶𝘀-𝗿𝗲𝘀𝘁𝗮𝘂𝗿𝗮𝗻𝘁 op Bloedrivier-erfenisterrein is ’n gesellige ruimte waar besoekers ’n heerlike koppie boeretroos kan geniet. Ons spyskaart bied iets vir elke smaak, met ’n verskeidenheid ontbytgeregte en egte trooskos. Kom geniet ’n rustige ontbyt, ’n geurige middagete of ’n lekker ete saam met geliefdes.🥓🍳

• Groepetes beskikbaar
• Sitplek vir 40–50 persone
• Gelisensieerde kontantkroeg

Maak ’n heerlike ete deel van jou Bloedrivier-ervaring.☕🥞

Klik hier om meer te wete te kom oor die Trekkerkombuis-restaurant: https://bloedrivier.org.za/fasiliteite/

Die grootste geskenk wat jy vir jou seun kan gee, pas nie in ’n geskenkboks nie. Dis jou tyd. Jou aandag. Jou teenwoordi...
02/09/2026

Die grootste geskenk wat jy vir jou seun kan gee, pas nie in ’n geskenkboks nie. Dis jou tyd. Jou aandag. Jou teenwoordigheid.

By die Pa-en-seun-naweek van 7 tot 8 November 2026 by Bloedrivier-erfenisterrein kry julle die kans om die alledaagse gejaag agter te laat. Van kettieskiet en kleilat tot waterwurm, skyfskiet en die afvuur van kanon Grietjie – elke aktiwiteit is nog ’n geleentheid om saam te lag, mekaar aan te moedig en nuwe herinnerings te maak.

Wanneer die dag eindig, wag ’n warm potjiekos en goeie geselskap om die vuur.

🗓️ 7–8 November 2026
📍 Bloedrivier-erfenisterrein

Stuur gerus ’n e-pos na [email protected] of kontak ons by 065 549 6681 om jou plek te bespreek.

Te midde van die skade wat die onlangse brand by die Bloedrivier-erfenisterrein aangerig het, is daar ook ligpunte van h...
02/09/2026

Te midde van die skade wat die onlangse brand by die Bloedrivier-erfenisterrein aangerig het, is daar ook ligpunte van hoop.

Die brand het die donkies se blyplek beskadig, maar gelukkig is hulle nie vergeet nie. ’n Weldoener het voer geskenk – ’n daad van omgee wat ons opnuut herinner aan die krag van ’n gemeenskap wat saamstaan.

Terwyl ons voortgaan om die skade te herstel en die terrein weer op te bou, is ons dankbaar vir elke persoon wat op enige manier bydra om Bloedrivier te bewaar.

Ons bou. Ons herstel. Ons staan saam.

Lê die bewaring van dié historiese erfenisterrein vir toekomstige geslagte jou na aan die hart? Word deel van die Vriende van Bloedrivier en help ons om hierdie besondere plek vir die toekoms te bewaar.

👉 Word ’n Vriend van Bloedrivier: https://bloedrivier.org.za/word-n-vriend/

𝗗𝗶𝗲 𝗔𝗻𝗱𝗿𝗶𝗲𝘀 𝗣𝗿𝗲𝘁𝗼𝗿𝗶𝘂𝘀-𝗸𝗮𝗺𝗲𝗿Min name in die Voortrekkergeskiedenis is so bekend soos dié van Andries Pretorius. As leier ...
02/09/2026

𝗗𝗶𝗲 𝗔𝗻𝗱𝗿𝗶𝗲𝘀 𝗣𝗿𝗲𝘁𝗼𝗿𝗶𝘂𝘀-𝗸𝗮𝗺𝗲𝗿

Min name in die Voortrekkergeskiedenis is so bekend soos dié van Andries Pretorius. As leier van die Wenkommando het hy ’n bepalende rol tydens die Slag van Bloedrivier gespeel en later gehelp om erkenning vir die Voortrekkers se onafhanklikheid te beding.

Vandag dra een van ons gastehuiskamers sy naam.

Die Andries Pretorius-kamer is ideaal vir twee gaste en beskik oor twee enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n bad – die perfekte plek om ná ’n dag se verkenning te ontspan. Jou verblyf sluit ook ’n heerlike ontbyt in.

Het jy ’n vraag oor ons akkommodasie, fasiliteite of geskiedenis? Ons help graag! Stuur gerus ’n e-pos na [email protected] of kontak ons by 065 549 6681.

📲 𝗕𝗹𝘆 𝗱𝗲𝗲𝗹 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗕𝗹𝗼𝗲𝗱𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿-𝘃𝗲𝗿𝗵𝗮𝗮𝗹Daar is altyd iets nuuts om te ontdek by die Bloedrivier-erfenisterrein.Van geskie...
01/09/2026

📲 𝗕𝗹𝘆 𝗱𝗲𝗲𝗹 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗕𝗹𝗼𝗲𝗱𝗿𝗶𝘃𝗶𝗲𝗿-𝘃𝗲𝗿𝗵𝗮𝗮𝗹

Daar is altyd iets nuuts om te ontdek by die Bloedrivier-erfenisterrein.

Van geskiedkundige stories en opwindende geleenthede tot projekte, verblyf en alles wat hierdie besondere erfenisterrein uniek maak – raak bekend met alles wat by Bloedrivier gebeur.

🌐 Besoek ons webtuiste: https://bloedrivier.org.za/
📲 Volg ons op Facebook en Instagram vir die jongste nuus, stories en aankondigings.

Ons sien uit daarna om saam met jou ons geskiedenis te verken, ons erfenis te beleef en nuwe herinneringe te skep.

🌿 Die veld word weer groen. Die lug ruik anders. Die aarde begin weer asemhaal.By Bloedrivier bring elke nuwe seisoen sy...
01/09/2026

🌿 Die veld word weer groen. Die lug ruik anders. Die aarde begin weer asemhaal.

By Bloedrivier bring elke nuwe seisoen sy eie kleur na ’n terrein wat reeds soveel stories dra.

Lente herinner ons dat, terwyl die seisoene verander, die plekke wat ons geskiedenis bewaar steeds hier staan – gereed om ontdek, beleef en onthou te word.

🌼 Gelukkige Lentedag! Kom ontdek ’n plek waar geskiedenis en natuur saamleef.

𝗗𝗮𝗮𝗿 𝗶𝘀 𝗶𝗲𝘁𝘀 𝗯𝗲𝘀𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 𝗮𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗴𝗲𝗹𝘂𝗶𝗱 𝘃𝗮𝗻 𝗸𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 𝘄𝗮𝘁 𝗯𝘂𝗶𝘁𝗲 𝘀𝗽𝗲𝗲𝗹Geen selfone nie.Geen videospeletjies nie.Net lag, avon...
31/08/2026

𝗗𝗮𝗮𝗿 𝗶𝘀 𝗶𝗲𝘁𝘀 𝗯𝗲𝘀𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 𝗮𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗴𝗲𝗹𝘂𝗶𝗱 𝘃𝗮𝗻 𝗸𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 𝘄𝗮𝘁 𝗯𝘂𝗶𝘁𝗲 𝘀𝗽𝗲𝗲𝗹

Geen selfone nie.
Geen videospeletjies nie.

Net lag, avontuur en vars lug.

Dit is presies waarvoor die Pa-en-seun-naweek geskep is. Pak julle tasse, stop langs die pad vir lekker padkos en pak die pad Bloedrivier toe aan!

🗓️ 7–8 November 2026
📍 Bloedrivier-erfenisterrein

Stuur gerus ’n e-pos na [email protected] of kontak ons by 065 549 6681 om jou plek te bespreek.

🏉 ’n Besoek vol geskiedenis, herinnerings én ’n groot verjaardagverrassing!Die Gelofte Skool van Pinetown bring elke jaa...
31/08/2026

🏉 ’n Besoek vol geskiedenis, herinnerings én ’n groot verjaardagverrassing!

Die Gelofte Skool van Pinetown bring elke jaar hul rugbyspan na Bloedrivier-erfenisterrein – ’n besoek wat veel meer as net ’n toer geword het.

Vanjaar het die span in die laer oornag, saam ’n lekker ontbyt geniet en die geleentheid gekry om op ’n besondere manier met ons geskiedenis kennis te maak.

Maar vir een leerder was hierdie besoek ekstra spesiaal ... 🎂💥

Op sy verjaardag is hy verras met die klank van kanon Grietjie – en hy het selfs die unieke geleentheid gekry om die kanon af te vuur!

Dis juis sulke oomblikke wat geskiedenis laat leef. Oomblikke waarvan jy nie net hoor of lees nie, maar beleef, onthou en KEN.

Address

PO Box 945
Dundee
3000

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 08:00 - 16:00
Sunday 08:00 - 16:00

Telephone

+27842883322

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bloedrivier-erfenisterrein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category