01/09/2026
🚂🚌 Jy kan nooit te jonk wees om die museum te besoek nie! 🚌🚂
Gister het ons die voorreg gehad om 47 Pre-Graad R-maats van St Josephine Bakhita Creche by die museum te verwelkom. 🌟
Hulle het self gevra vir ’n lessie oor vervoer – en wat ’n heerlike oggend was dit nie! Van groot oë tot lag en ’n hele paar entoesiastiese handjies in die lug. 👏😊
Dit is nooit te vroeg om kinders se nuuskierigheid aan te wakker, hulle aan die verlede bekend te stel en vir hulle te wys dat museums plekke is waar ons kan kyk, vra, ontdek en leer nie.
Dankie aan St Josephine Bakhita Creche vir julle besoek! Ons hoop om julle weer te sien. ❤️
Die museum is vir almal – ook vir ons heel kleinste besoekers! 🏛️✨