Afrikaner Geskiedenis

Afrikaner Geskiedenis Op hierdie blad plaas ek inligting oor die "groot", maar veral ook die "klein" geskiedenis van die Afrikaner. Vir o.a. O.a. Soos bv.

Africana boeke te koop gaan na my Boekmakierie Boekwinkel by https://bit.ly/4bkaRjN Die rede waarom ek hierdie blad geskep het is omdat ek baie lees en navorsing doen oor die geskiedenis van Suid-Afrika en veral ook die Afrikaner. uit 'n groot versameling boeke wat ek besit. Soms kom ek op interessante stories af wat ek graag wil deel met ander mense. die storie van die "Sterkman" Tromp van Diggel

en wat in sy outobiografie vertel hoe Paul Kruger met sy koets by hom en sy sussie in een van Pretoria se strate gestop het en toe in die gesprek wat gevolg het o.a. vir hulle geïllustreer het hoe hy, nadat sy geweer tydens 'n jagtog ontplof het, sy vergruisde duim met sy mes afgesny het. Van die inligting wat ek hier plaas het ook betrekking op my eie familie. Stories waar hulle en van hulle familie - soos broers, neefs en ooms - as gewone mense deelgeneem het aan belangrike en ook minder belangrike historiese gebeurtenisse. Een van my groot passies is om familienavorsing te gebruik om te wys dat geskiedenis nie dood is nie. Dood soos wat baie mense glo geskiedenis is o.a. omdat hulle 'n afkeur daarin ontwikkel het sedert skooldae. Die volgende aanhaling uit die teks op die tuisblad van my webtuiste by www.gendata.co.za illustreer die punt met 'n voorbeeld:

" 'n Dame met die van Wepener het jare gelede vir my vertel dat haar laerskooldogter geen belangstelling in geskiedenis gehad het nie. Op 'n dag vertel sy vir haar Pa dat sy van die bekende Louw Wepener (wat in 'n geveg met Basoeto's gesneuwel het) in die skool geleer het. Haar Pa vertel toe aan haar dat Louw Wepener een van haar voorsate was. Sedert daardie dag het sy nie net in haar voorsate se geskiedenis belanggestel nie, maar het sy ook 'n belangstelling ontwikkel in Geskiedenis as vak."

Address

10 De Laan 33
Bellville
7530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaner Geskiedenis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Museum

Send a message to Afrikaner Geskiedenis:

Shortcuts

Share

Category