Nuuseum

Nuuseum Nuuseum maak die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal bymekaar en bewaar dit vir die toekoms.

Dit is aanlyn beskikbaar vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges by nuuseum.media

’n Foto, maar nie soos ons dit vandag ken nie.Hierdie gesin kom van ’n glasplaatnegatief, ’n vroeë fotografiese proses w...
05/05/2026

’n Foto, maar nie soos ons dit vandag ken nie.
Hierdie gesin kom van ’n glasplaatnegatief, ’n vroeë fotografiese proses waar beelde op glas vasgevang is, lank voor film en digitale fotos.
Die sagte groen pigment is met die hand aangebring om lig en skadu te manipuleer. ’n Fyn vorm van “redigering,” dekades voor Photoshop ooit sou bestaan.
Hierdie beeld is deel van die Gribble-versameling: meer as 35 000 glasplaatnegatiewe wat ’n besonderse blik bied op Paarl en omliggende gebiede tussen 1850 en 1920.
En nou begin ’n nuwe fase van hierdie geskiedenis — digitalisering, sodat hierdie beelde nie net bewaar word nie, maar weer gesien, gelees en herbed**k kan word.

Nuuseum was die wenner van die eerste Zeutschel-toekenning vir Uitnemendheid in Digitalisering!Van links na regs:• Chris...
30/03/2026

Nuuseum was die wenner van die eerste Zeutschel-toekenning vir Uitnemendheid in Digitalisering!

Van links na regs:
• Christian Hohendorf (Eienaar en HUB, Zeutschel GmbH)
• Dr Lizabé Lambrechts (HUB, Nuuseum)
• Johann Vosloo (Bedryfshoof, )

Hierdie toekenning erken uitnemende digitalisering van kulturele erfenis- en dokumentêre materiaal, met besondere klem op gehalte, volhoubaarheid en langtermyn-bewaring.

✨Beleef Nuuseum se bekendstelling vanaand op Bravo! @21:00h op kykNET ✨
29/01/2026

✨Beleef Nuuseum se bekendstelling vanaand op Bravo! @21:00h op kykNET ✨

27/01/2026

🎬 Nuuseum op Bravo!

Kom skuif Donderdagaand nader en wees deel van die bekendstelling van Afrikaans se nuutste digitale argief.

📺 Bravo!
🗓 Donderdag
⏰ 21:00
📡 kykNET (kanaal 144)

✨Nuuseum se 2025✨Van ons eerste grootskaalse digitaliseringsprojekte tot ’n openbare bekendstelling — hierdie jaar het o...
18/12/2025

✨Nuuseum se 2025✨

Van ons eerste grootskaalse digitaliseringsprojekte tot ’n openbare bekendstelling — hierdie jaar het ons Afrikaanse erfenis verder oopgemaak, beskerm en gedeel.

2026 belowe nóg vele meer🥳

🔎Opsoek na iets spesifieks vanuit die argief?Nuuseum se aanlyn platform laat jou toe om woord vir woord deur duisende hi...
16/12/2025

🔎Opsoek na iets spesifieks vanuit die argief?

Nuuseum se aanlyn platform laat jou toe om woord vir woord deur duisende historiese tekste te soek. Met gevorderde outomatiese dokumentontleding omskep ons argiefmateriaal in soekbare teks wat navorsing beide en meer toeganklik maak, insluitend vir mense met sigprobleme.

Met een soektog kan jy navorsing doen oor spesifieke persone, of selfs daardie skoolsportfoto van 1960 opspoor. Reeds meer as 200 000 items is beskikbaar, onder andere ’n groeiende versameling koerante wat voorheen deur Perskor uitgegee is.

Hou dop! Volgende jaar brei ons die argief verder uit met foto’s en oudiovisuele materiaal.

✨Nuuseum se visie✨Ons werk aan 'n gevorderde soekenjin wat taalmodelle gebruik om komplekse vrae aan argiefmateriaal te ...
10/12/2025

✨Nuuseum se visie✨

Ons werk aan 'n gevorderde soekenjin wat taalmodelle gebruik om komplekse vrae aan argiefmateriaal te stel.

Vrae soos:
“Hoe is vroue geteiken in advertensies vir gesondheidsprodukte, en hoe het dit deur die jare verander?”
of
“Hoe het kommoditeitspryse gereageer op sanksies in die 1980’s?”

Ons bou aan 'n argief wat nie net lê en wag nie, maar een wat saam sy gebruikers d**k, leer en groei.

Nuuseum is in !Volg die skakel om meer te leer oor hoe ons bou aan die grootste digitale argief vir Afrikaanse erfenis.
08/12/2025

Nuuseum is in !

Volg die skakel om meer te leer oor hoe ons bou aan die grootste digitale argief vir Afrikaanse erfenis.

Van ou tydskrifte tot ou foto’s van vergete families – die Nuuseum red stories wat andersins vir altyd kon verdwyn. Nou kan enigeen ons geskiedenis ­ontdek sonder om eens ’n argief te betree.

Word deel van “Die Vriende van Nuuseum”.Ons lidmaatskapsprogram hou jou op hoogte met nuwe digitale inhoud wat beskikbaa...
04/12/2025

Word deel van “Die Vriende van Nuuseum”.

Ons lidmaatskapsprogram hou jou op hoogte met nuwe digitale inhoud wat beskikbaar gestel word, opwindende bewaringsprojekte en spesiale werkswinkels, en bied ook geleenthede om self betrokke te raak by ons digitaliseringswerk.

Sluit aan en help ons om Afrikaanse erfenis saam te bewaar, te deel en lewendig te hou.

Besoek nuuseum.media/raak-betrokke/ om aan te sluit.

02/12/2025

Nuuseum in 'n neutedop.

Hier wys ons wie ons is, hoekom ons werk saak maak, en hoe jy toegang kry tot die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal.

Ons is ’n passievolle span wat daaraan werk om Afrikaanse erfenis te bewaar, te digitaliseer en toeganklik te maak vir almal.

Besoek nuuseum.media om ons argief te verken, meer te leer oor ons visie, en te ontdek hoe jy deel kan word van die gemeenskap wat saam bou en bewaar. 💡

Address

Stellenbosch

Website

https://omny.fm/shows/op-en-wakker/nuuseum-maak-afrikaanse-kultuurerfenis-digitaal-toeganklik

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nuuseum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Museum

Send a message to Nuuseum:

Share

Category