16/04/2025
Hoeveld Veteraan Trekker en Enjin Klub by die Tradisionele Mampoer Fees - 7 Junie 2025
Die Hoeveld Veteraan Trekker en Enjin Klub is trots om vanjaar weer deel te wees van die ikoniese Tradisionele Mampoer Fees, wat al meer as 40 jaar lank by die Willem Prinsloo Landbou Museum plaasvind.
Hierdie geleentheid het 'n spesiale plek in ons harte en bied die perfekte platform om ons passie vir ou trekkers en enjins met die publiek te deel.
Ons nooi alle eienaars, ondersteuners en liefhebbers van veteraan landboumasjinerie uit om ons uitstalling van veteraan, oud en selfs ’n paar nuwe trekkers en enjins te kom beleef.
Dis ’n unieke kans om 'n kykie te kry na die ysterperde van vroeër jare — elkeen met sy eie storie, karakter en nostalgie. Of jy nou ’n kenner is of net ’n belangstellende besoeker, daar is iets vir almal om te geniet.
Wat hierdie jaar se Mampoer Fees nóg meer spesiaal maak, is dat besoekers ook deur die museum kan stap en van die oudste landboutoerusting in Suid-Afrika van naby kan besigtig.
’n Reis terug in tyd wat jou opnuut sal laat waardeer hoe ver ons tegnologie gevorder het.
Boonop bied die fees oor die 100 stalletjies, 'n splinternuwe Bier Tent en ’n Food Court waar jy onder andere van die beste gerookte vleise in die land kan proe.
Moet dit nie misloop nie – bring die familie en kom kuier saam! Kaartjies is vooraf beskikbaar by Quicket - https://qkt.io/mampoerfees
Ons sien uit daarna om julle daar te sien – trek aan, bring jou kamera en kom deel in die nostalgie!
Koop kaartjies en staan ‘n kans om vakansie of wegbreke in Dinokeng te wen.