Call Website

Maria Faith-inspired South African art. Canvas prints, originals & gifts. Shop at www.houseofmaria.co.za Maria M Oosthuizen, Galery, Roots hair studio and Coffee shop.

10/10/2026

Is jy by Worthy woman vandag???

Kom sê Halo, Maria is hier.

New at House of Maria · Nuut · Available at WWC Little gifts, carried closeSome of Maria's best-loved paintings now trav...
08/10/2026

New at House of Maria · Nuut · Available at WWC

Little gifts, carried close
Some of Maria's best-loved paintings now travel with you. In your handbag, on your keys, between the pages of your Books.

Our new gift range is here: small, beautiful things made to be used every day and given with love.

Our new products are now live on the website!Are you excited? Go check them out! ✨www.houseofmaria.co.za
07/10/2026

Our new products are now live on the website!
Are you excited?

Go check them out! ✨
www.houseofmaria.co.za

07/10/2026

WWC 2026 INFO

Hier is solank inligting vir al die vroue by Saterdag se . Hou jou e-pos en whatsapps ook dop deur die week.

Dis amper tyd!
Ons hoop jy en jou vriendinne is so opgewonde soos wat ons is!
Om alles makliker te maak, vra ons dat jy die volgende sal deurlees, en ook aan jou vriendinne sal stuur as jy meer as een kaartjie bespreek het.

🩷Whatsapp
Jy gaan ‘n whatsapp ook ontvang met inligting om die dag maklik te maak. Stuur asb aan na jou tribe toe 😊

💛Kos en piekniekmandjies:
Jy is welkom om jou eie piekniekmandjie te bring vir middagete – so kan jy seker maak dat jy die kos inpak met jou eie voorkeure. Pak ‘n lekker koeler met genoeg ys sodat alles teen 12:30 nog verkoel is. Geen koelers en kos word toegelaat in die ouditorium nie. Die vroue hou dit elke jaar in hulle motors met genoeg ys en blokke. Jy is ook welkom om by een van de stalletjies kos te koop. Daar is hierdie jaar ‘n hele paar waaruit jy kan kies. Daar is onder andere Roco Mama’s, Pizza Del Forno, stalletjies met roomys, wafels, bubble tea, koffie en ook gesonder opsies by die Revive koffiewinkel in die foyer van die ouditorium.

🧡Sanitêre doekies en produkte
Die Worthy Women samel elke jaar sanitêre produkte in vir Help Hetta wat duisende meisies maandeliks ondersteun. Daar sal houers by die deure wees om jou bydrae te laat. Dankie dat jy moeite hiermee doen!

🩷Kleredrag en weer
Jy kan lekker gemaklik aantrek. Die weer vir Saterdag lyk baie warm (met die moontlikheid van ‘n kort rukkie se reën). Bring asb jou eie bottel met yskoue water vir in die ouditorium.

💛Notaboekie, pen en tissues
Daar word nie hierdie jaar sakkies uitgedeel met tissues, water en notaboekies nie. Bring hierdie jaar vir jou ‘n eie boekie en skryfding as jy sou wou notas neem. ‘n Sneesdoekie maak die lewe vir almal rondom jou makliker as jy dalk ‘n loopneus het of ‘n traan p*k. Jy mag jou eie koue water in die ouditorium drink.

🧡Verloop van die dag
Onthou ASB om jou kaartjie saam te bring
Die 17 uitstallers sal van af 07:15 gereed wees om julle te ontvang. Al die uitstallers sal kaartfasiliteite hê en kleingeld indien jy ‘n kontantaankope sou wou doen.
Deure open om 07:30 na die ouditorium toe.
Die konferensie begin STIPTELIK om 08:30.
Middagete is tussen 12:30 en 14:00
Die konferensie maak 16:30 klaar
Sit asb jou foon op 'silent' en maak seker dat jou skerm op sy heel dofste gestel is. Dit is baie steurend as vroue tydens die konferensie op hulle fone gaan met helder skerms in 'n donker ouditorium. Geen babas word toeglaat in die ouditorium nie. Daar is ‘n babakamer sou kleinding by jou wees.

🩷Pryse te wen
Daar is hierdie jaar byna R140 000 se pryse om te wen. Elke dame wat een van Gretha se aanlynkursusse aankoop, word deel van die gelukkige prystrekking. Daar is ONGELOOFLIKE pryse om te wen. Maak seker jy koop jou kursus aan voor die prystrekking direk na middagete. Daarvoor moet jy ‘n vorm kry by die deure met aankoms. Jy gaan spyt wees as jy vergeet om ‘n vorm te vat en in te skryf. Al die aanlynkursusse is te koop teen R175 per kursus.

💛Beide 2024 en 2025 se WWC’s (Ps 23 en die konferensie oor die arend) is ook nou beskikbaar op die bestelvorm. Daar is ook ‘n nuwe kursus wat einde Oktober begin - Ouers van die Bybel. ONTHOU OM JOU VORM BY DIE DEUR TE VAT WANNEER JY JOU KAARTJIE SCAN!

🧡Parkering
Kan ons asb vra dat julle so netjies moontlik (en konsidererend) sal parkeer. Hierdie jaar is daar oor die 6000 vroue. Parkering is dus iets wat nogal die vroue se dag kan omkrap. Dames wat rolstoel- of spesiale parkering nodig het, kan links voor die gebou parkeer op die aangeduide parkering.
Let wel dat daar padwerke is in Garsfonteinweg. Ruim asb genoeg tyd in om betyds te wees

🩷Uitstallers
Daar is hierdie jaar 17 uitstallers met die mooiste en lekkerste produkte. Gaan maak gerus by hulle ‘n draai en ondersteun hierdie besigheidsvroue.

• Gretha se parfume, kosblikboekies en aanlynkursusse is beskikbaar by die toonbanke in die foyer
• Truth Scripture fudge (daardie lekker fudge wat elke jaar te koop is en waaroor die vroue byna elke jaar baklei 😊)
• Yatzar het die supergewilde 14 karaat (plated) juwele wat ook te koop sal wees. Dit is juwele waarmee jy kan stort, swem, oefen en leef sonder dat dit afgaan. Hierdie jaar het Yatzar baie mooi nuwe produkte waarna julle kan gaan kyk. Gretha self dra hulle juwele omdat dit regtig besonder lank hou
• Perfect Feet met die ongelooflikste heel balms, nael olie, body cream en foot soak – Gretha se gunsteling rome
• Myrrh salf-olies en ander produkte. Hulle het hierdie jaar ‘n spesiale Grace-olie.
• House of Maria, die bekende skilder, sal ook hierdie jaar self saam met die vroue by haar stalletjie kuier tydens ete. House of Maria se mees gewilde canvases gaan ook daar te koop wees teen heerlike afslag.
• Nadine (die gewilde en mooi sangeres) se handsakke en vellies is ook te koop by die WWC. Sy gaan ook self saam kuier met al die vroue
• Lily’s poetry het 'n mengelmoes van mooi goed. Dekor, tafeldoeke, sakke ens
• Zoë’s se bederfbokse help elke mamma om gesprekke met haar dogter makliker te maak en boonop haar menstruele reis aan te pak met iets spesiaal vir daardie dogter
• Bounti het vanjaar ‘n hele uitstalling en ‘showcase’ van hulle trampolines. Al het jy gewone klere aan kan jy ‘n draai gaan maak. Jy gaan dit so baie geniet (volg net die musiek)
• Leliefd het die allermooiste tafeldoeke, handsakke, komberse en ander linne. As jy hou van kleur, is dit die stalletjie vir jou
• Klein-Oes bederf ons met baie lekker konfyte, strope en produkte wat jou maag gaan laat honger voel
• Gingham is ‘n uitstaller met handgemaakte pottery. En wow, jy gaan mal wees daaroor
• Cozy Yarn is vir almal wat handgemaakte hekelware en unieke sakke geniet. Hulle handewerk is regtig besonders.
• Luka Collections se handgemaakte mandjies, unieke seep en ander geskenke is ‘n stalletjie waar jy iets moois gaan kry
• Suurdeeg Meisie is vir al ons vroue wat hou van bak en die wonder van suurdeeg. Sy sal jou mooi vertel en sommer inspireer om te begin!
• 1000 secrets sal al jou vrae antwoord en elke nodige produk te koop hê vir jou Kasterolie behoeftes. ‘n Apteek en velsorg-stalletjie in een
• Paradise Found Candles is die stalletjie om te besoek as jy hou van alles rondom kerse – mooi kerse, unieke kerse en natuurlik die spesiale geure
• Radio Kansel het ook weer hierdie jaar ‘n stalletjie met heerlike produkte. Gaan sê hallo en kyk wat gebeur onder hulle dak.
Al die uitstallers sal kaartfasiliteite daar hê. Bring kontant saam as jy kan om die aankope vinniger te maak omdat die sein nie altyd wonderlik is met al die duisende vroue nie

💛Adres van Moreleta Gemeente/Kerk
De Villebois M areuilrylaan 1353, Moreletapark x83
GPS Koördinate: S25˚49min 39.61 / E28˚18min.26.66
Vir verdere navrae rondom die fasiliteite skakel gerus Moreleta by 012-997 8000

Ons tel die ure saam met julle!

Tot Saterdag, groete
Die WWC 2026 Span🩷💛🧡

Thank you to everyone who has left a little piece of themselves behind. Your words mean more than you know. 🥹✨        Me...
07/10/2026

Thank you to everyone who has left a little piece of themselves behind.

Your words mean more than you know. 🥹✨

MemoriesOnTheWall OriginalArt SouthAfricanArtist ArtIsLife PaintedWithLove

Art that tells a story…..
06/10/2026

Art that tells a story…..

04/10/2026

Ouma se liefie lyfie verf saam 🤍

Address

29 Marsh Street
Mossel Bay
6500

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 14:00

Telephone

+27718898638

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Maria posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category